Die gevlekte klopkloppie (Cisticola textrix) is 'n amper-endemiese algemene standvoël in kortgrasveld, beweide landerye en laaglandfynbos. Hulle is onopvallend buite die broeiseisoen en vlieg ver weg wanneer hulle opgejaag word. Die voël word 10 cm groot en weeg dan 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cloud cisticola.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Sangvoëls