Arp 271 is twee ewe groot interaktiewe spiraalsterrestelsels, NGC 5426 en NGC 5427. Dit is nie bekend of hulle eindelik gaan bots of nie. Die wisselwerking tussen die twee stelsels sal nog tienmiljoene jare lank voortduur en nuwe sterre sal ontstaan vanweë die wedersydse swaartekrag-aantrekking – dit kan reeds gesien word in die brug wat die twee stelsels verbind.
Hulle is 126 miljoen ligjare (38,6 miljoen parsek) van die Aarde af en is saam sowat 130 000 ligjare breed. William Herschel het hulle oorspronklik in 1785 ontdek.
Daar word voorspel dat die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel oor sowat 5 miljard jaar ’n soortgelyke botsing sal ondergaan. Andromeda is tans sowat 2,6 miljoen ligjare van ons af.ESO URL besoek op 2013/08/08
Verwysings
Eksterne skakels Simbad: Arp 271 Arp 271: ESO-foto van die week
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
271 Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:Maagd (sterrebeeld) Kategorie:NGC-voorwerpe