Jasmin Tabatabai (Persies: یاسمین طباطبائی [jɔːsˈmiːn tæbɔːtæbɔːˈiː]; * 8 Junie 1967 in Teheran) is 'n Duits-Irannese aktrise en musikant. Sy het dubbelburgerskap en woon saam met haar lewensmaat Andreas Pietschmann in Berlyn.
Lewe Tabatabai se pa was 'n Iraniër, haar ma is Duits. Hulle het in 1956 by die Oktoberfest in München kennis met mekaar gemaak. Die gesin het tussen 1958 en 1979 in Teheran gebly waar Jasmin Tabatabai by die Duitse Skool skoolgegaan het. Tydens die Irannese Rewolusie het die gesin Iran verlaat en hulle in Duitsland gevestig. Haar pa het een jaar later na sy geboorteland teruggekeer en is daar in 1986 oorlede.
Nadat Jasmin Tabatabai in 1986 haar Abitur (Duitse matriekeksamen) afgelê het, het sy haar akademiese opleiding in musiek en toneelkuns aan die Hochschule für Musik und Kunst in Stuttgart ontvang.
Kategorie:Duitse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Duitse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Duitse musici Kategorie:Iraniërs Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense