Abell 39 is ’n planetêre newel met ’n lae oppervlakhelderheid in die sterrebeeld Hercules. Dit is die 39ste inskrywing in George Abell se katalogus van planetêre newels van 1966, (en 27ste in sy 1955-katalogus van 86 ou planetêre newels wat óf hy óf Albert Wilson voor Augustus 1955 ontdek het). Dit is sowat 6 800 ligjare van die Aarde af en 4 600 ligjare bo die galaktiese vlak. Dit is feitlik volkome sferies en een van die grootste bekende sfere, met ’n radius van sowat 2,5 ligjare.

Sentrale ster Sy sentrale ster is effens wes van die middel by sowat 2″ of 0,1 ligjare. Dit lyk nie of dit deur ’n wisselwerking met die interstellêre medium veroorsaak word nie, maar eerder deur ’n klein asimmetriese ejeksie wat die ster laat beweeg het. Die massa van die ster is sowat , met die materiaal in die planetête newel wat bydra tot ’n bykomende .

Die oostelike deel van die newel is 50% helderder as die westelike deel. Dit kan moontlik wees vanweë die posisie van die sentrale ster.

Struktuur en samestelling Die helder rand van die newel het ’n gemiddelde dikte van sowat 10″,1 of 0,34 ligjare. Daar is ’n dowwe halo wat sowat 18″ ver buite die helder rand uitstrek en dit gee ’n algehele deursnee van sowat 190″ met die veronderstelling dat hierdie emissie eweredig is rondom die newel.

Abell 39 is die afgelope sowat 22 100 jaar aan die uitdy. Agtergrondsterrestelsels kan naby die newel gesien word en sommige is sigbaar deur die deursigtige newel.

Dit bevat omtrent net die helfte van die suurstof van ons Son.

Notas

Verwysings

Eksterne skakels George Jacoby e.a. se 1997-foto van Abell 39. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

0039 Kategorie:Hercules (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels