duimnael|265px|Stephan se Kwintet verskaf ’n seldsame geleentheid om ’n sterrestelselgroep te bestudeer wat besig is om van ’n stelsel met flou X-strale en hoofsaaklik spiraalsterrestelsels te ontwikkel in een met helder X-strale en hoofsaaklik elliptiese sterrestelsels. Bron: X-strale (blou): Nasa/CXC/CfA/E. O'Sullivan-opties (bruin): Kanada-Frankryk-Hawaii-teleskoop/Coelum.

Stephan se Kwintet in die sterrebeeld Vlieënde Perd is ’n groep wat soos vyf sterrestelsels lyk wat verbind is, waarvan vier die heel eerste kompakte sterrestelselgroep is wat ontdek is. Die groep is in 1877 deur Édouard Stephan ontdek by die Marseille-sterrewag.

Dit is die kompakte groep stelsels wat nog die meeste bestudeer is. Die helderste van die vyf stelsels is die spiraalsterrestelsel NGC 7320, met uitgebreide H II-gebiede, wat soos rooi kolle lyk, waar aktiewe stervorming plaasvind.

Beskrywing ’n Belangrike kenmerk van die sterrestelsels in die groep is hul gewelddadige botsings. Vier van die vyf is fisiek verbind en is bekend as die Kompakte Hickson-groep 92. Hulle voer ’n kosmiese dans uit wat waarskynlik tot gevolg sal hê dat hulle eindelik saamsmelt. Radiowaarnemings in die vroeë 1970's het gedui op ’n geheimsinnige filament van emissie in die intergalaktiese ruimte tussen die lede van die groep. Dié streek is ook te sien as ’n dowwe gloed van geïoniseerde atomiese waterstof in die sigbare deel van die spektrum. Twee ruimteteleskope het nuwe insig gebied in die aard van dié vreemde filament: daar word nou geglo dit is ’n reusagtige intergalaktiese skokgolf (soortgelyk aan ’n klankgrensknal, maar in intergalaktiese gas in plaas van lug) wat veroorsaak word die een sterrestelsel, NGC 7318B, wat na die middel van die groep val teen verskeie miljoene kilometers per uur. Die skokgolf is groter as die Melkweg en verhit van die gas tot miljoene grade. Dié stuur X–strale uit wat deur Nasa se Chandra-X-straalsterrewag waargeneem kan word – dit is die blou boog op die foto regs onder.

Emissies van molekulêre waterstof Dalk meer onverwags is die ontdekking van baie kragtige tekens van molekulêre waterstof vanaf die skokgolf, soos gesien deur Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop, wat infrorooi-straling opspoor. Die emissies van molekulêre waterstof is van die sterkste formasies van molekulêre waterstof wat nog gesien is.

Die rede dat dié ontdekking so onverwags is, is dat die waterstofmolekule baie broos is en maklik vernietig kan word in sulke skokgolwe. Een verklaring is dat ’n skokgolf wat deur ’n wolkagtige medium soos in die middel van die groep beweeg, miljoene kleiner skokke laat ontstaan waarin molekulêre waterstof kan oorleef. Hierdie botsing kan sterrekundiges help verstaan wat aan die begin van die heelal byna 14 miljard jaar gelede gebeur het, aangesien molekulêre waterstof in die vroeë heelal in sulke skoktoestande moes bestaan het.

Rooiverskuiwing Wat ook belangrik is, is dat NGC 7320 ’n klein rooiverskuiwing van 790 km/s toon, terwyl die ander vier stelsels ’n groter rooiverskuiwing het (byna 6 600 km/s). Aangesien rooiverskuiwing eweredig aan afstand is, is NGC 7320 net ’n voorgrondprojeksie – dit is ~39 miljoen ligjare van die Aarde af in vergelyking met die 210-340 miljoen ligjare van die ander vier stelsels.

Lede 450px|duimnael|senter|Die sterrestelsels in die omgewing van Stephan se Kwintet. Die reghoek dui die gebied aan wat in 1998-'99 gedek is deur die Hubble-foto links onder.

Die vyf sterrestelsels wat lyk of dit Stephan se Kwintet vorm, is NGC 7317–7320. Laasgenoemde is egter baie nader aan die Aarde as die ander vier. Die verskil in afstand kan duidelik gesien word op die foto regs heel bo. ’n Sesde sterrestelsel, NGC 7320C, behoort waarskynlik tot die Kompakte Hickson-groep 92: dit het ’n soortgelyke rooiverskuiwing as die ander vier en dit lyk of ’n getystert dit met NGC 7319 verbind.

+Lede van die Kompakte Hickson-groep 92 Naam Tipe Regte klimming Deklinasie Rooiverskuiwing (km/s) Magnitude NGC 7317 E4 6599 ± 26 +14,6 NGC 7318a(UGC 12099) E2 pec 6630 ± 23 +14,3 NGC 7318b(UGC 12100) SB(s)bc pec 5774 ± 24 +13,9 NGC 7319 SB(s)bc pec 6747 ± 7 +14,1 NGC 7320c (R)SAB(s)0/a 5985 ± 9 +16,7

Galery

Sien ook Robert se Kwartet Seyfert se Sekstet Sterrekundeportaal

Notas

Verwysings A Shocking Surprise in Stephan's Quintet. 2 Maart 2006. 10 Maart 2006 Nasa/JPL-Caltech/Max-Planck Institute/P. Appleton-artikel P.N. Appleton, K.C. Xu, W. Reach, M.A. Dopita, Y. Gao, N. Lu, C.C. Popescu, J.W. Sulentic, R.J. Tuffs en M.S. Yun. Powerful High-Velocity Dispersion Molecular Hydrogen Associated with an Intergalactic Shock Wave in Stephan's Quintet, The Astrophysical Journal, 639:L51-L54, 3 Maart 2006. 10 Maart 2006 Gigantic cosmic cataclysm in Stephan's Quintet of galaxies Stephan's Quintet. 10 Maart 2006 Universiteit van Alabama Stephan's Quintet: Intruder Galaxy Shocks Tightly-Knit Group. 8 Mei 03. 10 Maart 2006 Chandra-X-straalsterrewag

Eksterne skakels Sterreswerms gevorm in die wrak van kosmiese botsings Nuusvrystelling by ESA/Hubble Stephan se Kwintet NightSkyInfo.com: Stephan se Kwintet What's Behind Stephan's Quintet? Peter Edmonds, Chandra-blog, 21 Julie 2009

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Sterrestelselswerms Kategorie:Vlieënde Perd