Seyfert se Sekstet is ’n sterrestelselgroep sowat 190 miljoen ligjare van die Aarde afhttp://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/2002/22/image/a/ in die sterrebeeld Slang. Dit lyk of die groep uit ses sterrestelsels bestaan, maar een is ’n agtergrondvoorwerp en nog ’n "stelsel" is eintlik deel van een van die ander sterrestelsels. Die swaartekrag-wisselwerking tussen hierdie stelsels behoort nog honderdmiljoene jare voort te duur. Eindelik sal hulle saamsmelt om een, reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm.

Ontdekking Die groep is deur Carl Keenan Seyfert ontdek op fotografiese plate wat by die Barnard-sterrewag van die Vanderbilt-universiteit in Tennessee, VSA, gemaak is. Toe die resultate in 1951 die eerste keer gepubliseer is, was dit die mees kompakte groep sterrestelsels wat nog waargeneem is.

Lede + Lede van Seyfert se Sekstet Naam Tipe Afstand van die Son af (in miljoen ligjare) Magnitude NGC 6027 S0 pec. ~190 +14,7 NGC 6027a Sa pec. ~190 +15,4 NGC 6027b S0 pec. ~190 +15,4 NGC 6027c SB(S)c ~190 +16 NGC 6027d SB(S)bc pec. ~877 +15,6 NGC 6027e SB0 pec. ~190 +16,5

Sien ook Robert se Kwartet Stephan se Kwintet Sterrekundeportaal

Verwysings

Eksterne skakels ASAHI Net Free Address Service: Seyfert se Sekstet NASA APOD: Seyfert se Sekstet SEDS: Seyfert se Sekstet

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slang (sterrebeeld) Kategorie:Sterrestelselswerms