Die Kaapse kapokvoël (Anthoscopus minutus) is 'n amper-endemiese en algemene standvoël in fynbos, Karoobossieveld, halfwoestyn en dorre savanne. Hulle kom gewoonlik in groepies voor. Die voël is 8–10 cm groot en weeg 7–9 gram, wat dit die tweede kleinste voëltjie in Afrika maak. In Engels staan die voël bekend as die Cape penduline tit.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Sangvoëls