Die Rooikroonstompstert (Sylvietta ruficapilla) is 'n seldsame voël wat slegs eenkeer in Suider-Afrika aangeteken is. Hulle kom in miombo-boomveld in Zambië voor en moontlik in die noorde van Mosambiek. Die voël is 10 cm groot en weeg 10 - 12 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-capped crombec
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sangvoëls