Die Rotsvoël (Achaetops pycnopygius) is 'n gelokaliseerde, algemene, amper-endemiese standvoël op klipbesaaide, grasryke heuwelhange en die voet van klein heuwels. Hulle kom een-een of in pare voor. Die voël is 20 cm groot en weeg 26 – 34 gram. In Engels staan die voël bekend as die Rockrunner.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls