Die rooiborsruigtesanger (Cryptillas victorini) is 'n endemiese algemene standvoël in vogtige kus- en bergfynbos, tipies in digte ruigtes langs strome en in klowe. Hulle kom een-een of in pare voor. Die voël is 16 cm groot en weeg 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Victorin's warbler.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls