Die Horologium-superswerm (ook bekend as die Horologium-Reticulum-superswerm), wat bestaan uit SCl 48 en SCl 49, is ’n enorme superswerm sowat 550 miljoen ligjare breed met ’n massa van . Die middel van die superswerm is by regte klimming en deklinasie en dit strek oor ’n vierkantige gebied van 12 × 12°.
Die naaste deel van die superswerm is 700 miljoen ligjare (z=0,063) van die Aarde af (hoofsaaklik die sterrestelselswerms aan die onderkant van die kaart regs), maar die verste punt is 1,2 biljoen ligjare weg (hoofsaaklik die sterrestelselswerms aan die onderkant). Dit is in die sterrebeelde Horlosie en Eridanus geleë.
Horologium het sowat 5 000 sterrestelswerms (30 000 reuse-sterrestelsels en 300 000 dwergsterrestelsels). Dit sluit die sterrestelselswerm Abell 3266 in. Die kaart regs wys al die sterrestelsels helderder as skynbare magnitude 17.
Sien ook Abell-katalogus Sterrekundeportaal
Verwysings
Eksterne skakels Die Horologium-superswerm in An Atlas of the Universe 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Superswerms