U1.27 (ook bekend as die Groot GKG) is 'n groot kwasargroep wat uit 73 kwasars bestaan. Dit is 4 miljard ligjare breed. Dit is die grootste en swaarste bekende struktuur in die sigbare heelal. Dit is in November 2012 ontdek deur ’n span onder leiding van dr. Roger G. Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire. Die sterrekundiges het data van die Digitale Sloan-lugopname gebruik.
Die grootte van U1.27 word geraam op sowat 4 miljard x 2 miljard x 1,2 miljard ligjare (1 240 miljoen x 640 miljoen x 370 miljoen parsek). Dit het ’n massa van (sonmassas). Dit lê in die sterrebeeld Leeu. Die naam kom van sy gemiddelde rooiverskuiwing van 1,27.
U1.27 is sowat 2 miljard ligjare van die Clowes-Campusano LQG (U1.28), ’n groep van 34 kwasars wat in 1991 ontdek is.
Sien ook Groot Muur van Sloan Sterrekundeportaal
Verwysings
Verdere leesstof Clowes, Roger G.; Harris, Kathryn A.; Raghunathan, Srinivasan; Campusano, Luis E.; Soechting, Ilona K.; Graham, Matthew J.; "A structure in the early universe at z ~ 1.3 that exceeds the homogeneity scale of the R-W concordance cosmology"; ; ; Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, 11 Januarie 2013
Eksterne skakels http://www.star.uclan.ac.uk/~rgc/ 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Groot kwasargroepe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)