duimnael|400px|Die heelal binne 500 miljoen ligjare van die Aarde af wat die naaste galaktiese mure aandui. Galaktiese filamente (ook genoem superswermkomplekse, groot mure of groot aantrekkers)R.G.Clowes; "Large Quasar Groups – A Short Review"; 'The New Era of Wide Field Astronomy', ASP Conference Series, Vol. 232.; 2001; Astronomical Society of the Pacific; ; Boris V. Komberg, Andrey V. Kravtsov, Vladimir N. Lukash; "The search and investigation of the Large Groups of Quasars"; ; ; is die grootste bekende strukture in die waarneembare heelal. Hulle is massiewe, stringagtige formasies met ’n tipiese lengte van 50 tot 80 megaparsek wat die grense skep tussen groot leemtes in die heelal.Bharadwaj, Somnath; Bhavsar, Suketu; Sheth, Jatush V. The Size of the Longest Filaments in the Universe. Astrophys.J. 606 (2004) 25-31 Filamente bestaan uit sterrestelsels wat deur swaartekrag gebind word; dele waar ’n groot aantal stelsels baie na aan mekaar lê (in kosmiese terme) word superswerms genoem.

Die ontdekking van strukture groter as superswerms het in die 1980's begin. In 1987 het die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Sterrekunde-instituut waargeneem wat hy die "Pisces-Cetus-superswermkompleks" genoem het. In 1989 is die Groot Muur ontdek,M. J. Geller & J. P. Huchra, Science 246, 897 (1989). gevolg deur die Groot Muur van Sloan in 2003.Sky and Telescope, "Refining the Cosmic Recipe" , 14 November 2003 Op 11 Januarie 2013 het navorsers onder leiding van Roger Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire die ontdekking aangekondig van ’n groot kwasargroep, die U1.27, wat voorheen ontdekte filamante verdwerg het met sy grootte. In November 2013 het sterrekundiges danksy gammaflitse die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, ’n moontlike enorme filament, ontdek. As dit bestaan, sal dit meer as 10 miljard ligjare lank wees.

Lys Drie soorte galaktiese filamente word onderskei: Filamente Hul lang en kort as is min of meer ewe lank. Coma-filament; deel van die Groot MuurThe Astronomical Journal, 115:1745-1777, 1998 Mei; The Star Formation Properties Of Disk Galaxies: Hα Imaging Of Galaxies In The Coma Supercluster Perseus-Pegasus-filament (1985); verbind aan die Pisces-Cetus-superswermkompleks en bevat die Perseus-Pisces-superswerm'Astrophysical Journal', Part 1 (), vol. 299, 1 Desember 1985, bl. 5-14. "A possible 300 megaparsec filament of clusters of galaxies in Perseus-Pegasus" 12/1985 Ursa Major-filament Lynx-Ursa Major-filament (1999); verbind aan maar nie deel van die Lynx-Ursa Major-superswerm nie'The Astrophysical Journal Supplement Series', vol. 121, uitg. 2, ble. 445-472. "Photometric Properties of Kiso Ultraviolet-Excess Galaxies in the Lynx-Ursa Major Region" 04/1999 z=2.38-filament om protoswerm ClG J2143-4423 (2004); ’n filament so lank soos die Groot MuurNasa, Giant Galaxy String Defies Models Of How Universe Evolved , 7 Januarie 2004'The Astrophysical Journal', vol. 602, uitg. 2, ble. 545-554. The Distribution of Lyα-Emitting Galaxies at z=2.38 02/2004

Mure Dié soort galaktiese filamente se lang as is aansienlik langer as die kort as.

Groot CfA2-muur ook Comamuur of net Groot Muur (1989); die eerste supergroot struktuur wat ontdek is; bevat die Coma-superswerm'Scientific American', vol. 280, No. 6, bl. 30-37 06/1999 Groot Muur van Sloan (2005); tot Januarie 2013 die grootste bekendse ruimtestruktuurChin. J. Astron. Astrophys. vol. 6 (2006), No. 1, 35–42 Sculptormuur, ook Suidelike Groot Muur; parallel met die Fornaxmuur en loodreg tot die GrusmuurUnveiling large-scale structures behind the Milky Way. Astronomical Society of the Pacific Conference Series, vol. 67; Proceedings of a workshop at the Observatoire de Paris-Meudon; 18–21 Januarie 1994; San Francisco: Astronomical Society of the Pacific (ASP); c1994; red. Chantal Balkowski en R.C. Kraan-Korteweg, bl. 21 ; Visualization of Nearby Large-Scale Structures ; Fairall, A.P., Paverd, W.R., & Ashley, R.P. ; 1994ASPC...67...21F Grusmuur; loodreg tot die Fornax- en die Sculptormuur'Astrophysics and Space Science', vol. 230, uitg. 1-2, bl. 225-235 Large-Scale Structures in the Distribution of Galaxies 08/1995 Fornaxmuur; bevat die Fornax-sterrestelselswerm; parallel met die Sculptormuur en loodreg tot die Grusmuur ’n Groot Muur van Centaurus (of Fornax of Virgo) is voorgestel, wat ons eie Virgo-superswerm, ook bekend as die Lokale Superswerm, insluit (wat daarop dui dat dit die "Lokale Groot Muur" sou wees) ’n Groot muur is voorgestel om die tuiste van die Groot Aantrekker te wees, met die Norma-sterrestelselswerm as deel daarvan; dit word ook die "Groot Aantrekker-muur" genoemWorld Science, Wall of galaxies tugs on ours, astronomers find 19 April 2006 ’n Muur is in 2000 voorgestel wat naby die radiostelsel B3 0003+387 lê'The Astronomical Journal', vol. 120, uitg. 5, bl. 2331–2337. B3 0003+387: AGN-Marked Large-Scale Structure at Redshift 1.47? 11/2000 ’n Groot muur is in 2000 voorgestel wat in die noordelike Hubble-diepveld lêFermiLab, Astronomers Find Wall of Galaxies Traversing the Hubble Deep Field , DARPA, 24 Januarie 2000'The Astronomical Journal', vol. 119, uitg. 6, bl. 2571–2582 ; QSOS and Absorption-Line Systems surrounding the Hubble Deep Field ; 06/2000 ; ; ; Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, in November 2013 ontdek; moontlik die grootste struktuur in die heelal

Groot kwasargroepe Dit is van die grootste strukture bekend in die heelal. Clowes-Campusano-GKG, ook bekend as U1.28. Dit was die grootste bekende struktuur in die heelal tot met die ontdekking van U1.11. U1.11; was die grootste bekende struktuur tot met die ontdekking van die Groot GKG. Groot GKG, ook bekend as U1.27. Dit was die grootste bekende struktuur in die heelal tot met die ontdekking van die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis 'n jaar later.

Sien ook Superswerm Sterrekundeportaal

Verwysings

Eksterne skakels Foto's van die filamente-netwerk Atlas of the Universe: Lys van nabygeleë superswerms 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Verdere leesstof arXiv, , Kevin A. Pimbblet, 14 Maart 2005