Die swartberglyster (Pinarornis plumosus) is 'n amper-endemiese, gelokaliseerde, algemene standvoël beperk tot groot granietkoppe in boomveld. Die voël is 25 cm groot en weeg 48 – 72 gram. In Engels staan die voël bekend as die Boulder Chat.
Dit is die enigste spesie in die genus Pinarornis, wat tans aan die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. Dit is dus 'n monotipiese takson. Die spesie het vroeër onder die familie van lysters (Turdidae) geval.
links|duimnael|By die meer Chivero, Harare, Zimbabwe Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Vlieëvangers