Die woestynspekvreter (Emarginata tractrac) is 'n amper-endemiese, algemene standvoël en plaaslike nomade van westelike Suider-Afrika. Dit word aangetref in Karoo- en woestynbossieveld, duine en gruisvlaktes. Hulle kom een-een voor of bly in pare. Die voël is 14 tot 15 cm groot en weeg 20 tot 25 gram. In Engels staan dit as die tractrac chat bekend, waar die "tractrac" klanknabootsend van die voël se sang is.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Spekvreters