Die swartpiek (Myrmecocichla formicivora) is 'n endemiese, algemene standvoël in oop, plat landskappe, veral kortgrasveld. Hulle verkies gebiede besaai met termiethope. Hulle kom in groepies voor. Die voël is 17 – 18 cm groot en weeg 40 - 60 gram. In Engels staan die voël bekend as die Ant-eating chat.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Wagters