Spekvreters (Cercomela) is 'n voormalige genus van voëls in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes).

Voëls in die genus is "spekvreters" genoem omdat hulle die gewoonte gehad het om aan die vet wat die Boere op die asse van hul ossewaens gesmeer het te pik.Ian Sinclair, Phil Hockey and Warwick Tarboton, SASOL Birds of Southern Africa (Struik 2002)

Spesies in die genus is in 2012 in twee afsonderlike genera verdeel, naamlik: Emarginata en Oenanthe.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2012). IOC World Bird Names (weergawe 3.2.)

Voormalige spesies Nou in Oenanthe (skaapwagters): Oenanthe dubia (was Cercomela dubia) Oenanthe familiaris (was Cercomela familiaris) - Gewone spekvreter Oenanthe fusca (was Cercomela fusca) Oenanthe melanura (was Cercomela melanura) Oenanthe scotocerca (was Cercomela scotocerca)

Nou in Emarginata: Emarginata schlegelii (was Cercomela schlegelii) - Karoospekvreter Emarginata sinuata (was Cercomela sinuata) - Vlaktespekvreter Emarginata tractrac (was Cercomela tractrac) - Woestynspekvreter

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings