Skaapwagters (Oenanthe) is 'n genus van voëls in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle is vroeër onder die familie van lysters ingedeel, maar word tans algemeen onder die vlieëvangers geplaas. Dit is hoofsaaklik 'n ouwêreldse groep, hoewel die Europese skaapwagter ook na Kanada, Groenland en Alaska uitgebrei het.
Etimologie Die genusnaam is afgelei uit Grieks, naamlik Aristoteles se oinanthe, 'n voëlsoort waarop hy nie verder uitgewei het nie. Latere outeurs het dit met die Europese skaapwagter in verband gebring.
Spesies Die genus omvat die volgende spesies:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).
Oenanthe albonigra Oenanthe bottae Oenanthe chrysopygia Oenanthe cypriaca Oenanthe deserti Oenanthe dubia was: Cercomela dubia Oenanthe familiaris was Cercomela familiaris - Gewone spekvreter Oenanthe finschii Oenanthe fusca was Cercomela fusca Oenanthe heuglini Oenanthe hispanica Oenanthe isabellina - Isabellaskaapwagter Oenanthe leucopyga Oenanthe leucura Oenanthe lugens Oenanthe lugentoides Oenanthe lugubris Oenanthe melanura was Cercomela melanura Oenanthe moesta Oenanthe monacha Oenanthe monticola - Bergwagter Oenanthe oenanthe - Europese skaapwagter Oenanthe phillipsi Oenanthe picata Oenanthe pileata - Hoëveldskaapwagter Oenanthe pleschanka - Bontskaapwagter Oenanthe scotocerca was Cercomela scotocerca Oenanthe xanthoprymna
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings