Thamnolaea is 'n klein voëlgenus bestaande uit twee naverwante spesies in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle word in pare in ligbebosde platorande, koppies en puinhellings van sub-Sahara Afrika aangetref. In die broeityd sing hulle in duet, maar uiter andersins kwelende fluite en kras alarmroepe, of boots ander voëlspesies na. Nesmaak geskied in die vroeë somer, oorwegend in ou swaeltjieneste van die genus Cecropis, wat hulle vir eie gebruik inrig. Die legsel bestaan tipies uit drie bruingespikkelde eiers, wat in twee weke deur die wyfie uitgebroei word. Monticola semirufus word nie meer as 'n spesie van hierdie genus beskou nie.

Spesies duimnael|links|'n Dassievoël in die Mapungubwe- Nasionale Park, Suid-Afrika. Die volgende twee spesies maak die genus uit:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).

Thamnolaea cinnamomeiventris ― Dassievoël Thamnolaea coronata ― Witkroondassievoël

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Vlieëvangers