Die Witborswoudlyster (Pseudalethe fuelleborni) is 'n skaars standvoël van kuswoud in Sentraal- Mosambiek. Die voël is onopsigtelik en kom een-een of in pare voor. Hulle soek kos op die woudvloer en vlieg op na sitplek wanneer hulle gesteur word. Die voël is 18 – 20 cm groot en weeg 52 gram. In Engels staan die voël bekend as die White-chested Alethe.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lysters