duimnael|280px|Die Groot Muur van Sloan in ’n rekonstruksie van binneste dele van die 2dF-rooiverskuiwingopname.
Die Groot Muur van Sloan is ’n kosmiese struktuur van sterrestelsels wat ’n filament genoem word. Tot die ontdekking van die U1.27 in Januarie 2013 was dit die grootste bekende struktuur in die heelal. Die ontdekking van die Groot Muur is op 20 Oktober 2003 deur J. Richard Gott III, Mario Jurić en hulle kollegas aangekondig. Dit was geskoei op data van die Digitale Sloan-lugopname.
Grootte Die muur is 1,37 miljard ligjare lank en is sowat 'n miljard ligjare van die Melkweg af geleë. In die lug lê dit in die streek van die sterrebeelde Kraai, Noordelike Waterslang en Sentour. Dit maak sowat uit van die deursnee van die sigbare heelal en is die sesde grootste bekende voorwerp in die ruimte, ná onderskeidelik die groot kwasargroepe Clowes-Campusano-GKG, U1.11 en die Groot GKG; die Reusegammaflitsring; en die galaktiese filament Groot Muur in Hercules-Corona Borealis.
Die Groot Muur van Sloan is tussen 1,8 en 2,7 keer so groot soos die Groot CfA2-muur van sterrestelsels wat in 1989 deur Margaret Geller en John Huchra van die Harvard-universiteit ontdek is. Dit bevat ook verskeie sterrestelsel-superswerms, waarvan die grootste een SCl 126 genoem word. Dit is in die digste streek van die struktuur geleë.
In 2011 is voorgestel dat die muur ’n toevallige oplyning van drie strukture is en nie ’n struktuur op sy eie nie.Roger G. Clowes, Luis E. Campusano, Matthew J. Graham, Ilona K. Soechting; "Two close Large Quasar Groups of size ~ 350 Mpc at z ~ 1.2"; Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, vol. 419, uitg. 1, ble. 556-565 ; Januarie 2012 ; ; ; ;
Sien ook Suidpoolmuur
Verwysings
Eksterne skakels The Sloan Great Wall: Largest Known Structure? op Astronomy Picture of the Day
Sloan Kategorie:Kraai (sterrebeeld) Kategorie:Noordelike Waterslang Kategorie:Sentour (sterrebeeld)