Die swartkatakoeroe (Campephaga flava) is 'n redelike algemene standvoël en plaaslike trekvoël in gevestigde boomveld en woudrande. Gedurende die winter verlaat die voëls die plato en beweeg na laer areas. Die voël is 18 – 21 cm groot en weeg 29 - 36 gram. In Engels staan die voël bekend as die Black cuckooshrike.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Lewerike