Die nieamptelike vlag van die Midway-atol is op 29 Mei 2000 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, wit en turkoois met ’n albatros in die boonste baan.

Simboliek Die blou baan stel die lug voor, die wit baan stel die strande voor en die turkoois baan is die kleur van die omringende oseaan. Die voël is ’n swartwangalbatros.

Ander vlae Die amptelike vlag van die eilande is die vlag van die Verenigde State.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Midway-eilande by Flags of the World.

Kategorie:Midway-atol Midway-atol