Die pylvlekkatlagter (Turdoides jardineii) is 'n algemene standvoël wat voorkom in ruigtes en bosse in beboste savanne. Die voël bly in territoriale groepe van 6-7 saam. Die voël word 22 – 25 cm groot en weeg 60 – 82 gram. In Engels staan die voël bekend as die Arrow-marked babbler.
Die gestreepte nuwejaarsvoël, 'n broeiparasiet, gebruik onder andere hierdie voël as broeigasheer vir sy kleintjies.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Sangvoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin