Die Boskrapper (Phyllastrephus terrestris) is 'n algemene standvoël in woud en woudrandruigtes. Die voël kom voor in pare of familiegroepe van 3 - 6 voëls. Hulle is sku en soek kos op die woudvloer en in lae struikgewas. Die voël is 18 – 22 cm groot en weeg 24 - 44 gram. In Engels staan die voël bekend as die Terrestrial Brownbul.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Tiptolle