Die Afrika-rotsluislang (Python sebae) is 'n slangsoort van die familie luislange (Pythonidae) en word by die genus egte luislange (Python) ingedeel. Die spesie verskil wat velpatroon en skubbe betref van die Suider-Afrikaanse luislang. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Afrika-rotsluislang een van die grootste slange ter wêreld. Sy verspreidingsgebied strek in Afrika suid van die Sahara van die weskus tot die ooskus en suidwaarts tot in die noorde van Angola. Hier woon hy in 'n verskeidenheid tropiese en subtropiese landskappe nooit te ver van water nie. Hy is baie aanpasbaar en bewoon as kultuurvolgerOok hemerofiel – 'n organisme wat op grond van mensgemaakte veranderinge aan die omgewing voordeel trek en daarom die mens en sy kultuurlandskap volg ook landbougrond en nedersettings.
Die slang se dieet bestaan uit 'n verskeidenheid gewerwelde diere. In die gebiede met 'n hoë aantal soogdiere, vreet groot individue heel dikwels wildsbokkies wat selde meer as 30 kilogram weeg.
Beskrywing Liggaamsbou en gebit Die jong, onvolgroeide slang is baie slank gebou, maar ontwikkel met toenemende ouderdom 'n baie kragtige lyf. By groot volwasse rotsluislange word die silindriese lyf tot 'n geringe mate afgeplat. Die breë, driehoekige, effens afgeplatte en groot kop is duidelik van die nek onderskeibaar. Die snoet is op die bokant teen die punt toe afgerond. Hier sit die neusgate skuins tussen die bo- en die sykante van die kop. Die spitstoelopende grypstert maak by die wyfies tussen 9 en 14 % en by die mannetjies tussen 11 en 16% van hul totale lengte uit.
Die gebit bestaan uit dun, langwerpige tande wat deurgaans skerp en na die keel teruggebuig is en van die snoet na die keel toenemend kleiner word. Teen die middel van die boonste mondholte loop voor op die bokaak die verhemeltebeen en verder agtertoe die vlerkbeen parallel met mekaar. Simmetriesgesproke is daar aan elke kant 2 tussenkaaksbeen-, 13 tot 16 bokaak-, 6 tot 7 verhemeltebeen-, 8 tot 9 vlerkbeen- en 13 tot 17 onderkaaktande.B. Lanza, A. Nistri: Somali Boidae (genus Eryx Daudin 1803) and Pythonidae (genus Python Daudin 1803) (Reptilia Serpentes). Tropical Zoology 18, 2005, bl. 67–136, online, pdf . Die slang het dus altesaam tussen 84 en 102 tande.
Skubbe duimnael|'n Kenmerk van hierdie spesie is die redelik groot skilde op die bokant van die kop duimnael|Die sykant van die kop is by hierdie spesie kenmerkend kontrasterend van kleur By slange word na skubbe dikwels as skilde verwys. 'n Skild is 'n skub met 'n spesiale beskermende funksie.Marais, Johan. 2004. Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika Struik Uitgewers. bl. 302.
Die bokant van die kop is kenmerkend met groot skilde bedek: die nasale skilde (neusskilde) word deur een paar vierkantige internasale skilde (tussenneusskilde) van mekaar geskei. Die aangrensende opvallend uitgeboude paar prefontale skilde (voor-voorhoofskilde) word deur 'n ry minder, onreëlmatige skilde agter die volgende groot paar frontale skilde (voorhoofskilde) geskei. Die laasgenoemde paar kan soms gedeeltelik of heeltemal saamgesmelt wees. Die supraokulêre skilde (bo-oogse skilde) is groot en geskei in twee dele. Van die kant af is tussen die oog en neusgat minstens drie tot vier loreale skilde (leiselsskilde) van verskillende groottes asook twee preokulêre skilde (vooroogskilde), waarvan die onderste klein en onreëlmatig gevorm is. Daar is weerskante twee tot vier postokulêre skilde (agteroogskilde). Die rostrale skild (snoetskild) het, soos by die meeste ander luislange, twee diep labiaalgroewe (lipholtes). Van die 13 tot 16 supralabiale skilde (bolipskilde) is die tweede en derde voorstes van fyn lipgroewe of lipkuiltjies voorsien. Die 19 tot 25 infralabiale skilde (onderlipskilde) raak na die snoetpunt se kant toenemend kleiner. Die twee voorstes en die drie tot vier agterstes is met fyn lipkuiltjies bedek. Die aantal ventrale skilde (pensskubbe) wissel na gelang van die individu tussen 265 en 283; die aantal rugskildrye in die middellyf is gewoonlik tussen 76 en 98. Vanaf die kloaak tot by die stertpunt kan 62 tot 76 pare subkoudale skilde (onderstertskubbe) gevind word. Die anale skild kan heel of verdeel wees.
Kleur Die grondkleur wissel van geel, beige, ligbruin tot grys.J.G. Walls: The Living Pythons. T.F.H. Publications, 1998, , bl. 142–146, 166–171. Op die rug loop groot, onreëlmatige, uiterlike bruin rugvlekke wat verskil van individu tot individu. Hulle is swartrandig en word rondom geskei deur 'n breë, ligte gaping van die grondkleur. Op die flanke het die rugvlekke gedeeltelik lengteverbindinge met mekaar en sluit so baie groot, uitgestrekte, helder dele op die rug in. Op die flanke loop, variërend na rugpatroon, bruin, vierkantige vlekke met 'n helder middelpunt. Op die agterlyf word die flankvlekke toenemend dunner en versmelt dikwels met die rugvlekke. By die meeste slange bly daar tussen die donker patroon van die stertbokant in die middel 'n lang, ligbruin streepvormige gedeelte oop. Die pens is gryserig tot gelerig en met donker kolle bedek.
Die kop is kenmerkend kontrasterend van kleur. Op die kante van die kop by die meeste slange loop 'n ligte streep vanaf die onderhelfte van die neus skuins agtertoe na die tweede bolipskild. Dan volg 'n helder donker vlek tussen die oog en neus. Daarna word twee wit bande onder die oog getrek na die bolip en omsluit in die middel 'n donker driehoek. Agter die oog tot by die mondhoek loop 'n donkerbruin streep wat kenmerkend helderder as by die oogdeursnit is. Die bokant van die kop het 'n pylvormige, bruin patroon, wat van die neus oor die oog tot by die nek loop en in die middel 'n ligte vlek vertoon. Die onderlip het meestal donker vlekke. Die res van die onderkant van die kop is wit, maar net agter die keel grens sterk, donker vlekke van die keelonderkant. In die bruinerige iris is die swart pupil duidelik sigbaar.
Lengte Die Afrika-rotsluislang word gemiddeld tussen 2,7 en 4,6 meter lank.C.R.S. Pitman: A guide to the snakes of Uganda. Codicote Wheldon & Wesley, Ltd, 1974, , bl. 67–71. Dit word bevestig deur 'n studie in Suidoos-Nigerië, waar die gemiddelde kop-romplengte van 39 uitgegroeide mannetjies gemiddeld 2,47 meter was. Die 51 ondersoekte volwasse wyfies was, met 'n gemiddelde kop-romplengte van 4,15 meter, aansienlik langer. Die grootste was omtrent 5 meter lank.L. Luiselli, G. C Akani, E. A. Eniang, E. Politano: Comparative ecology and ecological modeling of sympatric Pythons, Python regius and Python sebae. In: R. W. Henderson and R. Powell (Eds.): Biology of the Boas and Pythons. Eagle Mountain Publishing Company, Eagle Mountain, 2007, , bl. 89–100. Daar bestaan tans nie gestaafde gegewens oor die maksimum liggaamslengte van hierdie soort nie. Volgens Villiers (1950) is daar glo in 1932 in Bingerville aan die Ivoorkus 'n individu van 9,8 meter geskiet.A. Villiers: Les serpents de l’ouest africain. Institut Français d’Afrique Noire, Dakar. 1950. Zit. in: B. Lanza, A. Nistri: Somali Boidae (genus Eryx Daudin 1803) and Pythonidae (genus Python Daudin 1803) (Reptilia Serpentes). Tropical Zoology 18, 2005, bl. 103. Volgens Branch (1984)W.R. Branch: Pythons and people: predators and prey. African Wildlife 38, Heft 8, 1984, S 236-237, 240-241. Zit. in: B. Lanza, A. Nistri: Somali Boidae (genus Eryx Daudin 1803) and Pythonidae (genus Python Daudin 1803) (Reptilia Serpentes). Tropical Zoology 18, 2005, bl. 103. en Sprawls et al. (2002)S. Spawls, K. Howell, R. Drewes, J. Ashe: A Field Guide to the Reptiles of East Africa. Academic Press. 2002, bl. 305–310, . is dit 'n onbetroubare en ongeloofwaardige oorlewering. Daarbenewens is daar ander ongegronde uitsprake van luislange wat oor die 7 meter lank is. In die verlede is massiewe uitgerekte slangvelle herhaaldelik by optekening gebruik, wat die historiese syfers onakkuraat maak. So het Loveridge (1927)A. Loveridge: Blind snakes and pythons of East Africa. Bulletin of the Antivenine Institute of America 3, 1929, bl. 14–19. Zit. in: W. R. Branch, W. D. Haacke: A Fatal Attack on a Young Boy by an African Rock Python Python sebae. Journal of Herpetology 14, Heft 3, 1980, bl. 306. in Oos-Afrika 'n 9,1 meter lange slangvel gemeet. Hoewel hierdie vel moontlik met meer as 'n kwart verrek is, kon dit tog oorspronklik dié van 'n 6,5 m-lange Afrika-rotsluislang gewees het.W. R. Branch, W. D. Haacke: A Fatal Attack on a Young Boy by an African Rock Python Python sebae. Journal of Herpetology 14, Heft 3, 1980, bl. 305–307. Die langste Afrika-rotsluislang wat tot dusver wetenskaplik korrek opgeteken is, is uit Uganda afkomstig. Dit was, volgens Pitman (1974), gesamentlik 5,5 meter (18 vt.) lank.
Verspreidingsgebied duimnael|Verspreidingsgebied van die Afrika-rotsluislang (groen) en die Suider-Afrikaanse luislang (rooi) en oorvleuelingsgebiede (geel)
Die verspreidingsgebied van die Afrika-rotsluislang wissel suid van die Sahara vanaf die Wes-Afrikaanse kuste ooswaarts oor 6 600 kilometer amper tot by die sogenaamde Horing van Afrika. In Wes-Afrika word die spesie in Suid-Mauritanië,J.M. Padial: On the presence of Python sebae Gemelin, 1788 (Ophidia: Pythonidae) in Mauritania. Herpetological Bulletin 84, bl. 30–31, 2003. Senegal, Gambië, Guinee-Bissau, Guinee, Sierra Leone, Liberië, die Ivoorkus, Suid-Mali, Burkina Faso, Ghana, Togo, Benin, Suid-Niger en Nigerië aangetref. In Sentraal-Afrika is hul tuis in Suid-Tsjad, in Kameroen, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, die Republiek van die Kongo, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Noord-Angola. In die ooste kry mens hierdie luislang in Suid-Soedan, in Etiopië, Somalië, Kenia, Uganda, Rwanda, Burundi en Tanzanië.
Daar word vermoed dat die Suider-Afrikaanse luislang eens noordwaarts al langs die westelike en oostelike valleie van die Groot Skeurvallei versprei was waar Python sebae oorheersend is. In Kenia is daar 40 km noordwes van Mwingi vandag nog 'n gebied waar die twee luislangspesies se habitats oorvleuel. Ook in Burundi en in die ooste van die Kivuprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo bestaan daar nog oorblywende bevolkings. In Tanzanië oorvleuel die verspreidingsgebiede van beide spesies oor 'n ruim 900 kilometer. Vorige ondersoeke in Angola toon 'n volledig ruimtelike skeiding van al twee spesies.
Habitat