Die rooibektiptol (Lioptilus nigricapillus) is 'n skaars standvoël en hoogtetrekvoël wat endemies aan Suid-Afrika en eSwatini is. Hulle leef een-een of in pare in bergwoud en woudrande, en word deur 'n verlies aan habitat bedreig. Die voël is 16 – 18 cm groot en weeg 26 – 33 gram. In Engels staan die voël bekend as die bush blackcap.

Die rooibektiptol is die enigste spesie in die genus Lioptilus, en is gevolglik monotipies). Die genus behoort aan die familie van ouwêreldse sangers (Sylviidae).

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Ouwêreldse sangers