Die 2013-Rugbykampioenskapsreeks was die tweede jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Augustus tot 5 Oktober 2013 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die twaalfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.
Formaat Die formaat vir die 2013-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jaar. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 6 0 0 202 115 +87 4 282 6 4 0 2 203 117 +86 3 193 6 2 0 4 133 153 −20 1 94 6 0 0 6 88 224 −136 2 2
Wedstryddatums DatumDatumWeek 117 AugustusWeek 414 SeptemberWeek 224 AugustusWeek 528 SeptemberWeek 37 SeptemberWeek 65 Oktober
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Rugbykampioenskapreekskampioen 2013
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Morné Steyn 88 2 Christian Lealiifano 64 3 Ben Smith 40 4 Aaron Cruden 37 5 Nicolás Sánchez 33 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Ben Smith 8 2 Israel Folau 5 3 Bryan Habana 3 Juan Manuel Leguizamón Kieran Read Willie le Roux Jean de Villiers
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2013-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2013