Palenque (Majaans: Bàak) is 'n argeologiese terrein in die Meksikaanse deelstaat Chiapas, wat noordwes van die grens met Guatemala geleë is. Die historiese naam van die stad was vermoedelik Lakamha' wat "groot water" beteken, terwyl die gebied B’aakal ("been") genoem is.

duimnael|links|Majaglief van Palenque Palenque is 'n middelgroot terrein, baie kleiner as Tikal en Copán, maar is veral bekend vir sy argitektuur, skulpture, dakkamme en reliefgravure van hoë gehalte. Die grootste deel van die geskiedenis van Palenque is van die Majagliewe af gerekonstrueer, veral van die 5de eeu en die wedywering met ander Majastede soos Calakmul en Toniná.

Die stadsgebied het in 1981 'n nasionale park geword en Palenque is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Leiers van Palenque duimnael|links|upright|Leiers van Palenque. Simon Martin und Nikolai Grube: Chronicle of the Maya kings and queens, Londen 2000, bl. 176-189 Guillermo Barnal Romero: La historia de Palenque, principales acontecimientos y genealogía de sus gobernantes. In: Arqueología Mexicana 113, bl. 63 Martin Grube: Chronicle of the Maya Kings and Queens. 2de uitgawe., bl. 154–175; Skidmore: The Rulers of Palenque. 5de uitgawe Mesoweb Encyclopedia 987–? v.C. Uk'ix-Chan, waarskynlik fiktief omstreeks 252 v.C. Casper I, waarskynlik fiktief […] 431–435 K'uk' Bahlam I. 435–487 Casper II, regte naam nie bekend nie 487–501 Butz'aj Sak Chiik 501–524 Ahkal Mo' Nahb I 529–565 K'an Joy Chitam I 565–570 Ahkal Mo' Nahb II 572–583 Kan Bahlam I 583–604 Yohl Ik 'nal, eerste meesteres 605–612 Ajen Yohl Mat 612–615 Muwaan Mat, identiteit onduidelik 615–683 Kʼinich Janaabʼ Pakal, "Pakal die Grote" genoem 684–702 K'inich Kan Bahlam II 702–naas 720 K'inich K'an Joy Chitam II, broer van K'inich Kan Bahlam II 721–naas 736 K'inich Ahkal Mo' Nahb III omstreeks 742 K'inich Janaab Pakal II omstreeks 751 K'inich Kan Bahlam III 764–naas 783 K'inich K'uk' Bahlam II 799–? Janaab Pakal III

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Kategorie:Argeologiese vindplekke in Meksiko Kategorie:Maja Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko