__NOTOC__

Die duinlewerik (Calendulauda erythrochlamys) is 'n redelike algemene endemiese standvoël in begroeide gebiede tussen duine in die Namibwoestyn tussen die Koichab- en Kuisebrivier. Die suidelike subspesie C. e. patae word in die Noord-Kaap in die kuslangse duinveld tussen Port Nolloth en Alexanderbaai aangetref. Die voël is 17 tot 18 cm groot en weeg 26 tot 33 gram. In Engels staan dit as die dune lark bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lewerike