Certhilauda is 'n genus van voëls in die familie van lewerike (Alaudidae), wat aan die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. Van die spesies word soms onder die genus Calendulauda ingedeel. Hierdie spesies kom in die suidwestelike en suidelike dele van Afrika voor.
Spesies Die volgende spesies behoort aan die genus:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).
Certhilauda benguelensis - Kaokolangbeklewerik Certhilauda brevirostris - Overberglangbeklewerik Certhilauda chuana - Kortkloulewerik Certhilauda curvirostris - Weskuslangbeklewerik Certhilauda semitorquata - Grasveldlangbeklewerik Certhilauda subcoronata - Karoolangbeklewerik
Die volgende spesies word soms in die genus Calendulauda geplaas: Certhilauda erythrochlamys - Duinlewerik Certhilauda barlowi - Barlowse lewerik Certhilauda albescens - Karoolewerik Certhilauda burra - Rooilewerik
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Lewerike