Die Barlowse lewerik (Calendulauda barlowi) is 'n gelokaliseerde algemene endemiese standvoël in dorre bossieveld en begroeide duine. Die voël is 17–18 cm groot en weeg 26–36 gram. Dit het verbaster met die Karoolewerik tussen Port Nolloth en die Oranjerivier. In Engels staan die spesie bekend as Barlow's lark.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels

Kategorie:Lewerike