Herbert Clark Hoover (* 10 Augustus 1874, † 20 Oktober 1964) was die 31ste President van die Verenigde State (1929–1933). Hoover, wat in 'n Kwakergesin gebore is, het 'n opleiding as mynbouingenieur gevolg. Hoover het tydens die Eerste Wêreldoorlog internasionale bekendheid verwerf met die hulp wat hy aan die bevolking van die oorloggeteisterde België verleen het. Voor en gedurende die oorlog het Hoover as hoof van die Verenigde State se Food Administration gedien.

In die 1920's het Hoover as minister van handel onder die presidente Warren G. Harding en Calvin Coolidge strategiese vennootskappe tussen die regering en ondernemings onder die rubriek "ekonomiese modernisering" bevorder. In die presidentsverkiesing van 1928 het hy die nominasie as kandidaat van die Republikeinse Party maklik gewen ofskoon hy nie oor enige politieke ervaring beskik het nie. Hoover is tot dusver die laaste Amerikaanse minister wat as President van die Verenigde State verkies is, en naas William Howard Taft een van slegs twee presidente wat tot dié amp verkies is sonder dat hulle vooraf enige politieke pos of militêre rang beklee het.

Kategorie:Presidente van die Verenigde State Kategorie:Amerikaners in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Amerikaanse ministers Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Geboortes in 1874 Kategorie:Sterftes in 1964