Die rooilewerik (Calendulauda burra) is 'n gelokaliseerde redelike algemene endemiese standvoël in struikbegroeide sandduine en Nama-Karoovlaktes. Die voël is 18 – 19 cm groot en weeg 32 - 43 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red Lark en sy status is kwesbaar weens habitat-agteruitgang.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Lewerike