Die Suid-Afrikaanse Polisiediens Spesiale Taakmag (SAPD STM) is ’n spesiale operasies-element van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Die STM het ’n formidabele reputasie in terrorismebestryding, insurgensie en gyselaarsredding. Anders as die meeste burgerlike/polisie terrorismebestrydingseenhede in die wêreld, word die Taakmag ook opgelei om militêre spesiale operasies uit te voer. Die Taakmag het al op verskeie geleenthede saam met hul militêre eweknieë gewerk, veral tydens die 30 jaarlange grensoorlog.
Geskiedenis Na ’n gyselaardrama by die Israeliese ambassade op 28 April 1975 het die Suid-Afrikaanse regering die besluit geneem om ’n spesiale polisie-eenheid te stig wat met situasies werk waar gyselaars aangehou word.
In 1976 is die Taakmag amptelik opgerig. Die Taakmag val onder die operasionele bestuur van die Afdeling vir Operasionele Reaksiedienste en is verantwoordelik vir die hantering van hoë-risikosituasies soos gyselaarsituasies op land, see en in die lug, insluitend reddingsverwante operasies.
Opleiding duimnael|Tentoonstelling van die STM by die Waterklooflugmagbasis Kandidate moet ten minste 21 jaar oud wees, twee jaar ervaring in die polisiediens hê en fisies en verstandelik stabiel wees om die streng en veeleisende opleiding te kan voltooi. Die opleiding vind plaas by die Taakmagopleidingsentrum, ongeveer 230 km van Pretoria. Slegs tien persent van alle aansoekers slaag die opleiding.
Die opleiding bestaan uit die volgende elemente waarvan applikante sewentig persent moet slaag om die opleiding suksesvol te voltooi: Fisiese fiksheid en krag Vyf kilometer hardloop binne 21 minute; Vyftien ononderbroke, opeenvolgende optrekke (met die handpalms na vore); Vyf-en-negentig opsitte binne twee minute; 50 ononderbroke, opeenvolgende opstote binne een minuut; en Tien naellope van 25 meter binne 56 sekondes.
Swem 300 meter swem in minder as tien minute.
Uithouvermoë Staptog van twintig kilometer met ’n sak van twintig kilogram binne 3½ uur.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Polisie in Suid-Afrika