duimnael|regs|270px|Die hoofstraat van Richmond, Noord-Kaap, Suid-Afrika se eerste boekedorp. duimnael|Boekwinkels in die Walliese Hay, die eerste boekedorp ter wêreld duimnael|Antikwariaat in Bredevoort, Nederland duimnael|Tweedehandse boekwinkel in Langenberg, Duitsland duimnael|Selfhelp-boekwinkels in Fjærland, Noorweë duimnael|Fontenoy-la-joute, Frankryk

'n Boekedorp is 'n plek met 'n aansienlike groot aantal tweedehandse boekwinkels waarvoor dit die meeste bekend is. Daar is dikwels dorpe met beperkte ekonomiese vooruitsigte, waar die boek 'n besondere inisiatief aan die dag kan lê vir ekonomiese ontwikkeling. Die groot aantal verskillende tweedehandse boekwinkels (antikwariate) lok mense van heinde en ver, waar die dorp andersins geen aftrek sou kry by 'n paar winkeltjies nie. Die boekwinkels gaan dikwels met koffiewinkels, kunsgalerye en oudhedewinkels gepaard. Die doel is om veral die gastebedryf, maar ook ander plaaslike ondernemings, deur die antikwariese besoekers te bevoordeel. Dit skep werksgeleenthede vir die (plaaslike) bevolking.

Geskiedenis Die eerste boekedorp ter wêreld is 'n afgeleë dorpie in Wallis. Richard Booth open in 1961 in Hay-on-Wye 'n tweedehandse boekwinkel wat houers vol boeke wat hy uit New York saamgebring het verkoop. Tans is daar in hierdie dorpie, met skaars 2 000 inwoners, meer as 38 antikwariate. Vele daarvan spesialiseer volgens enkele temas. Die dorpie lok baie toeriste. Die toerisme word verder deur boekbekendstellings bevorder.

Volgens hierdie konsep van Hay het gevolglik meer boekedorpe in Europa en meer sporadies op ander vastelande ontstaan.

Die eerste boekedorp in Duitsland en die Duitssprekende gebied word in September 1997 gestig. Mühlbeck en die buurdorp Friedersdorf in die Anhalt-Bitterfeld-distrik het tans sowat 15 boekwinkels in 'n gebied met skaars 3 000 inwoners. Die grondslag was 70 000 boeke wat oor die hele Duitsland versamel is. Tans is die boekaanbod omtrent een miljoen boeke.

Richmond, in die Noord-Kaap, word as Suid-Afrika se heel eerste boekedorp beskou. John Donaldson ('n sportmediaman), Peter Baker ('n Kanadese veearts) en Darryl Earl David ('n dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal wat sy doktorsgraad oor boekedorpe gedoen het), het aanvanklik onafhanklik van mekaar die goedkoop kerkhuise ("nagmaalhuise") opgekoop, gerestoureer en die boekedorp amptelik in 2007 geopen met 'n optrede deur Patrick Mynhardt. Die eerste BoekBedonnerd-fees is gehou, wat sowat duisend feesgangers na die dorp gebring het wat aan net sowat 250 mense verblyf kon bied.Luyt, Shanda. 2009. Karooparadys vir boekwurms. Vrouekeur, 28 Augustus: 54-55.

Lys van Boekedorpe

Boekdorp/-stad Land Stigtingsjaar Aantal boekwinkels Webwerf Bécherel Frankryk 1989 15 Webwerf Bredevoort Nederland 1993 omtrent 30 Webwerf Cuisery Frankryk 1999 16 Webwerf Dalmellington Verenigde Koninkryk 1997 projek beëindig - Damme (Wes-Vlaandere) België 1997 8 Webwerf Fjærland Noorweë 1995 12 Webwerf Fontenoy-la-Joûte Frankryk 1996 18 Webwerf Hay-on-Wye Verenigde Koninkryk 1961 38 Webwerf Kampung Buku Maleisië 1997 ? - Kembuchi Children's Picture-Book Village Japan 1991 ? - La Charité-sur-Loire Frankryk 2000 14 Webwerf Langenberg (Rynland) Duitsland 1998 8 Webwerf Miyawaga Children's Book Village Japan ? ? - Montereggio Italië 1990er 12 Webwerf Montmorillon Frankryk 2000 13 Webwerf Montolieu Frankryk 1989 15 Webwerf Friedersdorf Duitsland 1997 14 Webwerf Müllenbach Duitsland 2001 14 Webwerf Nevada Gold Cities Book Town Verenigde State 1998 28 - Purgstall Oostenryk 2000 3 Webwerf Redu België 1984 22 Webwerf Saint-Pierre-de-Clages Switserland 1993 14 Webwerf Sidney Kanada 1995 10 Webwerf Southern Highlands BOOKtrail Australië 2000 ? Webwerf Stillwater (Minnesota) Verenigde State 1993 ? Webwerf Sysmä Finland 1997 Webwerf Tvedestrand Noorweë ? 20 Webwerf Vianden Luxemburg 2002 ? Webwerf Vötikvere Estland Kontak Wünsdorf Waldstadt Duitsland 1998 5 Webwerf Wigtown Verenigde Koninkryk 1997 28 Webwerf

Verwysings

Eksterne skakels International Organisation of Book Towns

Kategorie:Boeke