Calakmul of Kalakmul is 'n argeologiese terrein in die Meksikaanse deelstaat Campeche, wat in die reënwoude van die Yucatán-skiereiland net noord van die grens tot Guatemala geleë is. Calakmul was tydens die klassieke tydperk saam met El Mirador en Tikal een van die grootste en magtigste Majastede. Die historiese naam van die stad was „Chan“ (tschan), wat "slang" beteken. Die stad het 'n groot gebied oorheers, wat "koninkryk van die slange" genoem is. Charles C. Mann: 1491: New Revelations of the Americas Before Columbus. Knopf, 2005 .

duimnael|links|Majahiëroglief van Calakmul duimnael|links|Struktuur II, een van die grootste geboue van die Majas duimnael|links|upright|Stele 51, dateer op 731 n.C., vertoon Yuknoom Took' K'awiil Die geskatte bevolking van Calakmul is 50 000. Die geskiedenis van die klassieke Majatydperk was gekenmerk deur die intensiewe wedywering tussen Calakmul en Tikal.

Calacmul is in 1931 deur Cyrus L. Lundell herontdek en is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2014 is die wêrelderfenisgebied uitgebrei en omvat nou ook die omliggende reënwoud.

Bekende leiers Die konings van Calakmul was bekend as k'uhul kan ajawob () ("Goddelike Here van die Slang-koninkryk"). Hierdie lys is nie kontinu nie, as die argeologiese rekord onvolledig is. Alle datums is n.C. Naam (of bynaam) Regeer Alternatiewe name Yuknoom Ch'een I ? – Tuun K'ab' Hix -520-546+ Cu Ix, Ku Ix "Hemel-getuie" -561-572+ – Yax Yopaat 572-579 Eerste Axewielder "Rollende slang" 579-611+ – Yuknoom Ti' Chan –619+ Chan Tajoom Uk'ab K'ahk' 622-630 Ta Batz' Yuknoom Head 630-636 Cauac Head Yuknoom Ch'een II 636–686 Yuknom Ch'en, Yuknoom die Grote Yuknoom Yich'aak K'ahk' 686–c. 695 Rokende Jaguar-poot, Jaguar-poot "Gesplete aarde" c. 695+ – Yuknoom Took' K'awiil -702–731+ Leier 5, Leier 6, Leier 7 Wamaw K'awiil c. 736 – Leier Y c. 741 Leier 8, B'olon K'awiil I "Groot slang" c. 751 Leier 8, Leier Z B'olon K'awiil -771-c. 789+ Leier 9, B'olon K'awiil II Chan Pet c. 849 – Aj Took' c. 909 –

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Argeologiese vindplekke in Meksiko Kategorie:Maja Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko