__NOTOC__
Die sabotalewerik (Calendulauda sabota) is 'n algemene amper-endemiese standvoël in suider-Afrika. Dit is 'n algemene spesie van dorre savanne, Karoo, Nama-Karoo, die bosveld en laeveld. Die voël is 15 cm groot en weeg 21 – 31 gram. Die subspesies in die droë weste (C. s. naevia, C. s. waibeli, C. s. bradfieldi en C. s. herero) het opmerklik dikker snawels as die subspesies (C. s. sabota, C. s. waibeli, C. s. ansorgei, C. s. sabotoides en C. s. suffusca) van meer vogtige habitats in die ooste en noorde. In Engels staan dit as die sabota lark bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Lewerike