Catherine "Kate" Courtney, Barones Courtney van Penwith (née Potter; * 4 April 1847; † 26 Februarie 1929), was 'n Britse sosiale werker en internasionalis. Sy was reeds in haar vroeë lewe aktief by weldadigheidsorganisasies betrokke en het later saam met haar man en Kwaker-geloofsgenoot Leonard Courtney politieke veldtogte teen die Tweede Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog gevoer. Dit was haar doelwit om die publiek se aandag op die nood van mense in die vyandstate te vestig en is gedurende beide oorloë openlik daarvan beskuldig dat sy té simpatiek teenoor die vyand was.
Eksterne skakels
Kategorie:Britse aktiviste Kategorie:Britte in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1847 Kategorie:Sterftes in 1929