Die ringnekstrandkiewiet (Charadrius hiaticula) is 'n voël en algemene somerbesoeker aan Suid-Afrika se kus en binnelandse watermassas. Party oorwinter in Suid-Afrika. Die voël word 18 – 20 cm groot en weeg 45 - 70 gram met 'n vlerkspan van 50 cm. In Engels staan die voël bekend as Common ringed plover. Die streeksbevolking is ongeveer 10 000 voëls.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kiewiete