Die Kentse strandkiewiet (Charadrius alexandrinus) is 'n voël wat gewoonlik noord van die ewenaar voorkom. Die voorkoms van die voël in Suider-Afrika is twyfelagtig; slegs een dooie eksemplaar is opgeteken in Noord-Namibië. Latere waarnemings in Mosambiek en Namibië is ongestaaf. Die voël is 15 – 17 cm groot en weeg 32 - 60 gram met 'n vlerkspan van 44 cm. In Engels staan die voël bekend as die Kentish Plover.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kiewiete