Ostariophysi is die tweede grootste superode van straalvinnige visse. Hierdie diverse groep bevat amper 8 000 spesies, omtrent 28% van die bekende visspesies en 68% van varswatervisse ter wêreld. Hulle kom op al die kontinente voor, met die uitsondering van Antarktika. Hulle het verskeie gemeenskaplike kenmerke, onder andere beskik almal oor 'n orgaan van Weber. Van die spesies in die groep is belangrik vir mense vir kos, sport, die akwarium-industrie en navorsing.
Taksonomie Die superorde word as volg geklassifiseer: Reeks Anotophysi Gonorynchiformes, omtrent 37 spesies Reeks Otophysi (Euostariophysi) Cypriniformes, omtrent 3 268 spesies Characiformes, ten minste 1 674 spesies Siluriformes (babers), omtrent 1 727 spesies Gymnotiformes, ten minste 173 spesies (word soms saam met Siluriformes gegroepeer)
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Kategorie:Straalvinvisse