Die grootskedebek (Chionis albus) – ook bekend as die Amerikaanse peddie – is 'n seldsame voël en swerwer wat Suid-Afrika gewoonlik van April tot Junie besoek. Die voël broei in die Antarktiese Skiereiland. Die voël is 38 – 40 cm groot en weeg 500 – 780 gram. In Engels staan die voël as die Greater Sheathbill bekend.
Die voëls beroof pikkewyne van hul voedsel, soos kril en vis, en soms ook van hul eiers en kuikens. Verder vreet hulle aas, ontlasting (byvoorbeeld van olifantrobbe), lintwurms en ander ongewerwelde diere en, indien teenwoordig, selfs menslike afval.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=62AC9C19E209962D
Kategorie:Korhane en wildepoue