Die woestynkorhaan (Heterotetrax rueppellii) is 'n voël wat aan die familie van wildepoue behoort. Dit is byna endemies aan Namibië, waar dit as algemene standvoël in die dorre gebiede langs die sentrale en noordkus, asook die onmiddellike binneland daarvan voorkom.
Die voël is 50 tot 58 cm groot en weeg van 1 tot 1,35 kilogram. Die nek en kop is grys met swart strepe op die keel (minder gemerk by wyfies), deur die oog, en aan die kante van die nek. Die wange is wit terwyl die liggaam sandbruin bo en wit onder is. Die bene is 'n sanderige geel-bruin.
In Engels staan die voël as Rüppell's korhaan bekend. Die Engelse naam gedenk Eduard Rüppell, 'n 19de-eeuse ontdekkingsreisiger, versamelaar en dierkundige.
duimnael|links|'n Familie van woestynkorhane te Sossusvlei, Namibië duimnael|links|'n Wyfie woestynkorhaan naby Twyfelfontein, Namibië
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bronne Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. del Hoyo, J., et al., eds. (1996). Handbook of the Birds of the World 3: 268-269. Lynx Editions.
Eksterne skakels http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=303DD648A161E0C7
Kategorie:Korhane en wildepoue