Die sneeuwitreier (Egretta thula) is 'n stand- en trekvoël wat inheems is aan die warmer en gematigde dele van die Nuwe Wêreld. By geleentheid is dit 'n trans-Atlantiese swerwer wat ook al in Suid-Afrika aangeteken is. Die voël is 56 – 60 cm groot en weeg 350 - 450 g.
Sneeuwitreiers is al twee keer in Kaapstad gevind. Die eerste keer wat dié mediumgrootte reier in Suid-Afrika gesien is, was in 2002 by Zandvlei in Muizenberg. Die tweede sneeuwitreier is op die 8ste Junie 2015 opgemerk in die Swartrivier by die afrit na Berkeley-weg op die M5.
In Engels staan dit as die snowy egret bekend.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Reiers