Soelawesi (vroeër bekend as Celebes), die wêreld se elfde grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 180 680,7 km² en word begrens deur die Floressee in die suide, die Celebessee in die noorde, die Molukkesee in die noordooste en die Bandasee in die suidooste. Soelawesi is die derde grootste en mees oostelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die vierde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is oos van Borneo, suid van die Filippyne, wes van die Molukke en noord van die Klein-Soenda-eilande langs die ewenaar geleë. Die Javasee word in die weste deur die Straat van Makassar met die Celebessee verbind. Soelawesi het in 2014 'n bevolking van 18 455 058 gehad.

Geografie Provinsies duimnael|links|Politiese kaart van Soelawesi Provinsie Oppervlakte(km²) Bevolking(2010-sensus) Bevolking(2014-skatting) Digtheid/km²(2014) Suid-Soelawesi 46 717,48 8 034 776 8 395 747 179,7 Wes-Soelawesi 16 787,18 1 158 651 1 284 620 76,5 Sentraal-Soelawesi 61 841,29 2 635 009 2 839 290 45,9 Suidoos-Soelawesi 38 067,70 2 232 586 2 417 962 63,5 Gorontalo 11 257,07 1 040 164 1 134 498 92,9 Noord-Soelawesi 13 851,64 2 270 596 2 382 941 172,0 Soelawesi 188 522,36 17 371 782 18 455 058 97,4

Stede Stad Provinsie Bevolking(2010-sensus) Bevolking(2014-skatting) Makassar Suid-Soelawesi 1 339 374 1 398 804 Manado Noord-Soelawesi 408 354 430 790 Palu Sentraal-Soelawesi 335 297 362 621 Kendari Suidoos-Soelawesi 289 468 314 042 Bitung Noord-Soelawesi 187 932 196 936 Gorontalo Gorontalo 179 991 196 464 Palopo Suid-Soelawesi 148 033 154 579 Bau-Bau Suidoos-Soelawesi 137 118 148 366

Produkte Kajapoetolie

Eksterne skakels

Kategorie:Eilande van Indonesië Kategorie:Groot-Soenda-eilande