Die nimmersat (Mycteria ibis) is 'n algemene standvoël in Afrika suid van die Sahara en dele van westelike Madagaskar. Dit behoort tot die ooievaaragtiges en is die enigste van vier nimmersatspesies (genus Mycteria) wat in Afrika voorkom. Die voël is 95 – 105 cm groot en weeg 1,2 tot 2,4 kg. Die voël broei koloniaal saam met ander ooievaars, reiers, witreiers, ibisse en kormorante. In Engels staan dit as die yellow-billed stork bekend.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Ooievaars