__NOTOC__

Die groenkopeend (Anas platyrhynchos) is 'n algemene en wydverspreide eendvoël wat wat inheems is aan Noord-Amerika en Eurasië. Dit is uit Europa na onder meer Suid-Afrika en Australië uitgevoer. Die voël is 50 tot 64 cm groot en weeg 850 tot 1 400 g. Hulle verbaster gereeld met die geelbekeend, en af en toe met die swarteend en Kaapse slopeend.

Die spesie is 'n relatief groot en swaar eend met 'n lang lyf en 'n lang, breë snawel. Die mannetjie het 'n geel snawel en in broeidrag 'n donkergroen kop, en is hoofsaaklik persbruin oor die bors geveerd en grysbruin op die lyf. Die wyfie het 'n oranje snawel en is oorwegend bruin geveerd. Hulle broei regdeur Europa in enige geskikte vleiland, maar is skaarser in hoogliggende streke. Dié wat in koue noordelike streke soos Ysland en Skandinawië broei trek vir die winter suidwaarts, na byvoorbeeld die Verenigde Koninkryk, waar daar ook inwonende broeiers is wat heeljaar teenwoordig is.

Fotogalery Beweeg muis oor foto om byskrif te lees

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Eendvoëls