Die Rooiborsjakkalsvoël (Wetenskaplike naam: Buteo rufofuscus, Engels: Jackal buzzard) is 'n endemiese gelokaliseerde algemene standvoël wat in heuwelagtige gebiede in Suid-Afrika voorkom.

Voorkoms Die voël word 55 – 62 cm groot, weeg 900 - 1 700 g en vang meestal soogdiertjies en reptiele. Dit is heeltemal donkerbruin, buiten sy kastaiingkleur bors en stert, asook die ondervlerk wat donkerbruin en wit is. links|duimnael|'n Rooiborsjakkalsvoël wat 'n kransduif beet het. Foto geneem in die Valsbaai omgewing.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Jakkalsvoëls