Die rooipootmalgas (Sula sula) is 'n voël en 'n gereelde besoeker aan die Mosambiekkanaal en word gewoonlik na somersiklone gesien. Verder suid is die voël skaars. Die voël is 66–77 cm groot en weeg 820–950 g met 'n vlerkspan van 0,9–1,1 m. Daar broei ongeveer 3 500 pare op Europa-eiland en 1 300 pare op Fernando de Noronha.

Sistematiese klassifikasie

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Malgasse (voëls) Kategorie:Kusfauna van Galápagos-eilande